In Christus se Voetspore.

ds Frikkie van WykDs Frikkie van Wyk is gebore op 5 Junie 1965 in ‘n hospitaal in Fochville. Daar was nie op daardie dag uitstaande gebeure nie. Gaan “Google” dit maar – behalwe natuurlik die geboorte van mev. Monica van Wyk se tweede oudste en mooiste seun.

Hy slaag matriek aan die Hoërskool Westonaria aan die Wes-Rand in 1983. Ds. Frikkie studeer aan die Universiteit van Pretoria en behaal die grade BA; BA (Hons) in Grieks en Semitiese Tale asook BD aan die einde van 1989, waarna hy vir 1 jaar Militêre Diensplig doen as Kapelaan in die Suid Afrikaanse Geneeskundige Diens by die Noordelike Mediese Kommandement in Riviera, Pretoria.

Ervaring

As predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika dien hy in die volgende gemeentes:

  • 1990-95 – Messina/Van Warmelo (Alldays) Kombinasie
  • 1996-97 – Primrose-Oos/Germiston Kombinasie
  • 1997-2004 – Germiston
  • 2004-2011 – Newcastle
  • 2011-huidig – Montana-Oos

Betrokkenheid

Ander terreine van betrokkenheid in die kerk:

  • Dien in die Direksie van Die Kinderhuise asook die Direksie van OTMT.
  • Tans die voorsitter van die Ring van Noordelike Pretoria.
  • Dien ook as lid van die ADV. as voorsitter van die Werkgroep vir Kindersorg.
  • Betrokke by die Kantoorkomitee van Rata Maatskaplike Dienste.
  • Het in verskeie skole gedien as lid van die Skool se Beheerliggaam.

Belangstellings & stokperdjies

Baie lief vir die natuur en spesifiek voëlkyk. Speel graag gholf as hy die geleentheid kry. Lewensfilosofie: Ek het vreugde in die lewe; Ek konfronteer probleme; Ek aanvaar verantwoordelikheid; Ek glo in die Drie-enige God – Daarom kan ek lewe!