Die gemeente is reg langs Laerskool Die Poort geleë. Die huidige predikant, Ds Frikkie van Wyk, lewer elke Sondag om 09:00 ‘n inspireerinde boodskap. Besoek gerus die Preke blad om die preke af te laai.
Dienste is vir jonk en oud. Daar is kategese vir kinders van die ouderdom van 3jaar tot en met Graad 11 (Finalejaar). Daar is ook spesiale kinder- en jeugdienste. Een keer per maand word daar ‘n Koffiekroeg vir die jongmense aangebied, waar daar gesels word oor alles en nog wat.
Ons deure is altyd oop so besoek ons gerus!