In Christus se Voetspore.

Hier by Hervormde Gemeente Montana-Oos is elkeen, selfs die kleinste kind welkom. Ons het Kategese klasse vanaf 3 jaar tot en met Graad 11. Jeugbediening lĂȘ ons ook na aan die hart. Ons het gereeld Jeug byeenkomste vir al die kinders in die gemeente waar ons sommer net lekker saam kuier en.

Buiten die normale Kategese klasse, het ons ook af en toe kinderkerk vir alle kleiner kinders vandat hulle kan stil sit tot en met Graad 4. Daar word dan in die Kinderkerk dieselfde tema behandel as in die kerk, maar op ‘n makliker, verstaanbare wyse. Hou asseblief die kalender dop om te sien wanneer ons volgende Kinderekerk sal wees.

Op sekere Sondae het ons ook spesiale dienste vir die kinders in die kerk self. Kinderdienste word so aangepas dat jonk en oud die boodskap meer duidelik kan verstaan. Hou ook die kalender dop vir die Dienste.

Om meer uit te vind oor die komende Jeug byeenkomste, raadpleeg gerus die Kalender blad.