In Christus se Voetspore.

Klub Vonkel Jare bestaab uit al die lidmate van die gemeente wat in die ouderdomsgroep 65 en hoër val. Vrywilligers uit die gemeente wat bejaardes by hulle woonplek besoek, help met vervoer, aankope doen, aktiwiteite reël, en nog meer, maak ook deel uit van die groep Klub Vonkel Jare. Lede van Klub Vonkel Jare word nie alleen bedien en gehelp deur ander nie, maar dien en help self ook waar hulle kan deur die aksiesvan die groep self.

Inisiatiewe en Doelwitte

  • Klub Vonkel Jare wil ‘n voorbeeld van betrokkenheid by die welfaart van die gemeenskap stel.
  • Waar nodig, word elkeen se kragte en kundighede vrywillig aangewend.
  • Ons dien met die besef dat mense se lewensverwagting hoër is as in die verlede. Die gevolg daarvan is dat bejaardesorg ‘n groter en belangriker rol in Christene en gemeentes se lewe begin speel. Klub Vonkel Jare wil hierdie belangrike rol ook in die Hervormde Kerk, Gemeente Montana-Oos vervul.
  • Ons dink daam nuut oor hoe om ons bejaarde lidmate so lank moontlik onafhanklik en selfstandig in hulle eie woonplekke te versorg en daardeur by te dra om hulle lewenskwaliteit te verseker.
  • Ons sien Klub Vonkel Jare se dienswerk as deel van die barmhartigheidsdiens van die gemeente in sy geheel.

 

Ons barmhartigheids diens voorsien in die volgende behoeftes van lidmate:

  • Vervoerbehoeftes
  • Finansiële behoeftes
  • Fisiese behoeftes
  • Geestelike behoeftes
  • Maatskaplike behoeftes

 

KOM EN DIEN SAAM. U IS REEDS LID VAN

KLUB VONKEL JARE.

Klub Vonkel Jare kom elke tweede Dinsdag van die maand bymekaar, so hou die kalender dop vir opkomende byeenkomste.

KOM KUIER SAAM, DIEN SAAM, GESELS SAAM,

HELP MEKAAR SAAM EN

GROEI SAAM IN EENHEID!

Laai ook gerus die dokument oor Bejaardesorg af om meer te lees oor wat Bejaardesorg behels en wat die NH-Kerk doen in terme van BejaardeSorg in ons gemeentes.

Bejaardesorg