Die Nederduitsch Hervormde Sustersvereniging (NHSV), met sy leuse: “Wees ‘n seën” dien as diakonale diensorgaan van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika. Die NHSV verrig sy werk as diensorgaan daarom ook ooreenkomstig die bepalings van die Kerkorde van die Kerk en volgens die NHSV Konstitusie. As diensorgaan, streef die NHSV om binne die NHSV, gemeente, die Kerk in die breë en die gemeenskap diensbaar te wees en om op ‘n tasbare wyse uitvoering te gee aan haar doelstellings.
Die NHSV vervul uit dankbaarheid teenoor die Drie-enige God, haar opdrag om binne die gemeente, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en die gemeenskap diensbaar te wees deur:
- Vrouelidmate geestelik te verryk, toe te rus vir hul dienswerk en onderlinge verbondenheid te bevorder
- Persone in nood te versorg
- Die belange van die gemeente en die Kerk te bevorder
- Fondse in te samel om bogenoemde doelstellings te bereik
Die volgende prioriteite word word deur die NHSV gestel:
- Ongeveer 220 verswakte bejaardes word tans in die Monumenttehuise (tehuise vir bejaardes) van die NHSV versorg. Huisvesting word verskaf aan ongeveer 535 bejaardes en nagenoeg 120 bejaardes woon in woonstelle van die Monumenttehuise. Omtrent 132 bejaardes word by die dienssentrum van hulp voorsien en ongeveer 145 persone word gehelp deur middel van die uitreikingsaksies by twee tehuise.
- Die NHSV beskik oor ‘n Beurs- en Leningsfonds wat beurse en lenings aan Nederduitsch Hervormde Kerk studente verskaf.
- Die NHSV is ingestel op die ondersteuning aan Nederduitsch Hervormde Kerk gemeentes op alle terreine, bevordering en uitbouing van die NHSV asook hulp ten opsigte van gemeentebefondsing.
- Die NHSV bied ook ondersteuning aan die Kerk in die breë op verskillende terreine en sal steeds voortgaan om in die Kerk ‘n seën te wees.
Gaan loer gerus in by www.nhsv.org.za vir meer besonderhede.
Raak so betrokke:
- Teeskink beurte – Raadpleeg die kerk se kalender.
- Begrafnisse – Gee jou naam op by Susan in die kantoor (012 819-1361).
- Laerskool Die Poort – Broodjie projek – Gee jou naam op by Susan in die kantoor (012 819-1361).
- Wyk funksies – Raadpleeg die kerk se kalender. Woon Hoofbestuur funksies by – Kongres.
- Klub Vonkel Jare – Kontak gerus vir Hannatjie Loock (0834478376).
- Kategese – Kontak gerus vir Frikkie Deysel (0834681853).
- Jeug – Kontak gerus vir Junis Botha (0723737351).
Mag elke vroue lidmaat in die Gemeente Montana-oos ook die seën van die Here ontvang om passievol deel te neem aan al die aktiwiteite wat deur die tak aangebied word. Kom ons wees ‘n seën vir mekaar. Ons vat hande en ons bou en bewaar wat aan ons toevertrou is.