In die lieflike landelike woongebied aan die Noord-Oostekant van ons pragtige stad Pretoria is die Gemeente Montana-oos geleë. Die gemeente het in 1975 afgestig van die gemeente Derdepoort onder die naam Gemeente Poort. Bouwerk aan die saal en later die pastorie is gedoen onder die bekwame leiding van mev. Hanneke Grobbelaar – tans steeds ’n getroue lidmaat van die Gemeente! Vir lank is daar kerk gehou in Laerskool Die Poort se skool saal. Op 20 Februarie 1999 is die nuwe kerk gebou uiteindelik ingewy.
Om nuwe stukrag aan die bediening in die Gemeente te gee, is die Gemeente
se naam verander van Poort na Montana-oos in 2008.
Die gemeente is nou goed gevestig en vinnig aan die groei. Daar is ‘n konstante vloei van nuwe lidmate na die gemeente uit alle uithoeke van ons land. Die gemeente lede is opgewonde oor Montana-Oos Gemeente se toekoms. Jonk en oud vat hande om die toekoms met geloof in te gaan.