In Christus se Voetspore.

Die Goliatte wat voor ons staan

Posted on 03 Nov 2014

Daar is baie tipes Goliatte in die lewe – dinge wat voor jou en my in die lewe kom staan en soos berge is waaroor en waardeur ons nie kan kom nie. Dit kan ’n baie belangrike besluit wees wat jy moet neem‚ ander keer weer ’n persoonlike probleem‚ of ’n versoeking wat vir jou net té groot voel. Sulke Goliatte staan dikwels soos regte boelies voor ons en daag ons uit. En ons eerste reaksie is om te hardloop en weg te kruip – toeskouer te wees.