In Christus se Voetspore.

Maak oop jou oë

Posted on 09 Feb 2014, Predikant: Frikkie van Wyk

SKRIFLESING: Lukas 10:25 – 37.
Die mens vandag staan apaties teenoor die nood van ander mense. As ons praat oor ons betrokkenheid by die wêreld dan wil ons ook die Woord en die voorskrifte in die Woord dikwels kom degradeer tot iets waarmee ek kan saamleef.

Ons moet baie mooi onthou: ’n Christen raak nie betrokke by iemand anders en daardeur kry hy ’n regmerkie of medalje by God nie. Omdat ons kinders van God is leef ons ons liefde uit na buite toe uit dankbaarheid vir sy liefde. Met ander woorde, ek doen liefdedade omdat ek ’n verloste mens is en nie: ek doen liefdesdade om daardeur ’n verloste te word nie.

Die groot vraag is egter “hoe?”. Hoe doen ons dinge in ons gemeenskap, gemeente en die kerk, om ons lewe van toewyding aan die Here vir die wêreld te wys? Hoe doen ons diens van barmhartigheid op ‘n georganiseerde manier sowel as spontaan?

Laai gerus die res van die preek af om meer te lees.