In Christus se Voetspore.

Moedersdag – Dankie

Posted on 03 Jun 2014, Predikant: Frikkie van Wyk

Het dit nie waar geword van ons lewens nie: Ons is so vasgevang in die gejaag van elke dag, in die bekommernisse van die lewe en in die geworstel om ‘n veilige bestaan te voer, dat ons nie meer tyd maak om stil te word en God se hand in die wêreld raak te sien nie. Om hier diep in ons harte te ervaar dat God besig is met ons.  Om bietjie rond te kyk en sy genade en liefde in ons lewens raak te sien.