In Christus se Voetspore.

Nagmaal en Danksegging

Posted on 23 Feb 2014, Predikant: Frikkie van Wyk

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 11:17-34
As jy vanoggend sou kon kies wie saam met jou in die kerk moet wees, wie sou jy kies? As jy sou kon kies wie saam met jou die Nagmaal mag gebruik, wie sou jy gekies het? Indien jy ‘n lysie sou maak sal jy agterkom dat jy gewoonlik net diegene van wie jy hou en met wie jy iets in gemeen het, saam met jou by die Nagmaal wil hê.

By die Nagmaal van die Here en in die kerk is dit egter heeltemal anders gesteld as in die lewe van elke dag. Die kerk is die liggaam van Christus en Christus voeg by sy liggaam wie Hy wil. Ons kan die broers en susters wat saam met ons Nagmaal gebruik, nie self uitsoek nie. Christus doen dit. Ons kan nie kies saam met wie ons in die kerk wil wees nie. Christus doen dit.

Laai gerus die volle preek af om meer te lees.