Wie bepaal, wat gebeur met wie, wanneer op hierdie aarde? Dis ‘n vraag wat alle mense, bewustelik of onbewustelik, van tyd tot tyd vra. Moontlik is dit ‘n vraag wat jy op die oomblik vra. As jy stil word en dink aan jou lewe en jy onthou dae en ure van jou eie lewe – wat was dit wat jou eie lewe gevul het met hartseer, blydskap of dankbaarheid? Die noodlot? Die mens? Of was dit sommer maar net ‘n paar oomblikke toe die uurglas van jou vreugde eenvoudig leeggeloop het of die geluksgodin aan jou kant was? Was dit ‘n oomblik wat dalk die gevolg was van ander mense se optrede? Erger nog: Was dit dalk die vrug van jou eie skuld en verkeerde optrede en bose handelinge wat vir jou hartseer en pyn gebring het? Ja, wie, of wat, hou nou eintlik die tyd van jou lewe in die hande en wat bepaal waarheen jy op pad is?
Nederduitsch Hervormde Kerk Montana-Oos
Hoewe 223
Derdepoort
Pretoria 0035
Tel: 012 819 1361
Sel: 083 625 6788